
Die Orania Beweging Podsending
By Orania Beweging
The Orania Movement in discussion with role players in Orania as well as local and international supporters of Orania.


Orania: van idee in 1966 tot werklikheid vandag. | Episode 8: 03-02-2023
(Episode in Afrikaans)
Wat is die geskiedenis van die Orania-idee? Is dit waar dat die Orania-idee baie ouer as die nuwe Suid-Afrika is? Wat was die Volkstaatraad? Wat is Orania se plan?
Al hierdie vrae en vele meer word in hierdie gesprek tussen Joost Strydom van die Orania Beweging en Carel Boshoff, hoof van die Vryheidstigting beantwoord.

Orania ontwikkellingsplan: 500 nuwe erwe! | Episode 7: 13-01-2023
(Episode in Afrikaans)
500 erwe word gediens om nuwe Oraniërs te help vestig. Joost Strydom gesels met Frans de Klerk.

Interview: an international supporter discussing the Orania-idea. | Episode 6: 11-01-2023
(Episode in English)
Connor Whittle, an Australian supporter of Orania, visited the town and had a chat with Joost Strydom, head of the Orania Movement.

Orania: Visit from South Tyrolean friends | Episode 5: 02-11-2022
(Episode in English)
The Orania Movement signed a friendship document with the South Tyrolean Friends of the Afrikaner earlier in 2022. This document confirms a friendship that began 122 years ago, with Tyrolean support for the Boers during the Second Boer War.
After the Orania Movement's visit to the Tyroleans, two Orania supporters are now also visiting us here. Joost Strydom from the Orania Movement conducted a short interview with the two visitors.

(English version) Orania's municipality: How is the Orania Town Council preparing for 10,000 residents? | Episode 4: 07-10-2022
(Episode in English)
Orania's municipality: How is the Orania Town Council preparing for 10,000 residents?
- Since Orania's inception, 31 years of clean, unqualified municipal audits.
- A unique municipal system.
- Preparation for 10,000 residents
- How does land ownership work in Orania?
- What is the way forward?
All this and more in this conversation: Joost Strydom head of the Orania Movement talks to Gawie Snyman, Head Executive at the Orania Town Council.

Orania se munisipaliteit: Hoe berei Orania Dorpsraad voor vir 10 000 inwoners? | Episode 4: 07-10-2022
(Episode in Afrikaans)
Orania se munisipaliteit: Hoe berei Orania Dorpsraad voor vir 10 000 inwoners?
- Sedert Orania se ontstaan, 31 jaar van skoon, ongekwalifiseerde munisipale oudits
- ‘n Unieke munisipale-stelsel
- Voorbereiding vir 10 000 inwoners
- Hoe werk grondeienaarskap in Orania?
- Wat is die pad vorentoe?
Al hierdie en meer in hierdie gesprek: Joost Strydom van die Orania Beweging gesels met Gawie Snyman, Uitvoerende Hoof van die Dorpsraad.

ORASOL: Orania se eerste stap na energie-onafhanklikheid! | Episode 3: 30-09-2022
(Episode in Afrikaans)
ORASOL, Orania se eie sonplaas, se eerste fase is ten volle operasioneel. Dit beteken elke minuut wat die son skyn, word daar energie in Orania produseer! ORASOL is ‘n inisiatief, wat soos baie ander in Orania, ‘n samewerking tussen owerheid en kommersiële-inisiatief is. Omdat Orania geen munisipale-subsidie, of enige ander staatsgeld, kry nie, moet elke Orania projek op sy eie bene kan staan. Joost Strydom van die Orania Beweging gesels met Riaan Jacobs, projekbestuurder van die ORASOL-projek. Orania Beweging-lede het bygedra tot die Orania Beweging en Orania Ontwikkelingsmaatskappy se gesamentlike R1 000 000 belegging in ORASOL.

ORANIA SE EIE BANK: Hoe het OSK die beste koöperatiewe bank in Suid-Afrika geword? | Episode 2: 23-09-2022
(Episode in Afrikaans)
Orania Spaar- en Krediet (OSK) is Orania se eie bank, deur Oraniërs, vir Oraniërs. OSK het in 2022 sy 20ste bestaansjaar gevier, en meer onlangs fantastiese nuwe groeisyfers bekendgemaak! OSK het vroeër die prys van ‘𝐵𝑒𝑠𝑡 𝑝𝑒𝑟𝑓𝑜𝑟𝑚𝑖𝑛𝑔 𝑐𝑜𝑜𝑝𝑒𝑟𝑎𝑡𝑖𝑣𝑒 𝑏𝑎𝑛𝑘 𝑖𝑛 𝑆𝑜𝑢𝑡ℎ-𝐴𝑓𝑟𝑖𝑐𝑎’ gewen. Daarmee saam is dit tans ook die grootste koöperatiewe bank in die land. Hieronder word OSK se sukses, veiligheidsmeganismes en kreatiewe planne verduidelik. Dit beteken Orania se hele bankstelsel is gebou op ‘n vorm van ‘lokalisme’. Oraniërs trek rentekoers- en kostevoordeel uit ons eie bank, eerder as dat iemand vêr van Orania af sit- sonder enige belang hier, en ryk word uit inwoners se finansiering, bankkoste en meer. Die OSK-direksie bestaan ook uit Oraniërs, oud en jonk.

Orania Dorpsraad open groot rioolaanleg | Episode 1: 14-09-2022
(Episode in Afrikaans)
Orania se nuwe rioolaanleg is nie net totaal onafhanklik van ESKOM-krag nie, maar ook 100% natuurlik. Die reuse nuwe ‘oksidasiedamme’-aanleg is in 18 maande afgehandel. Die eerste fase kan 3000 mense diens, maar is modulêr uitbreibaar tot 10 000. Byna ‘n 100 000 ton se grond is geskuif, en die projekbegroting was meer as Φ8 000 000.